Onduidelikheid heers as gevolg van pandemie

Voertuigverkope het sedert verlede jaar baie swak presteer en syfers wat in Mei vanjaar aangeteken is toon wel groei teenoor Mei 2020 maar toe was Namibië ingeperk. Volgens Cirrus is dit steeds die laagste groei sedert 2009. Cheryl Emvula van Cirrus sê dit is moeilik om te sê wanneer positiewe veranderinge weer verwag kan word.