Mmusi vir N$4m gedagvaar

Die voormalige DA-leier, Mmusi Maimane, staar ‘n regstryd in die gesig nadat vier voormalige Wes-Kaapse lede van die party hom vir altesaam 4 miljoen Suid-Afrikaanse rand dagvaar vir beweerde naamskending. Suzette Little, Shaun August, Greg Barnardo en Thulani Stemele eis elkeen ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand van Maimane. Volgens hulle het hy in sy nuusbrief beweer hulle was by tenderonreëlmatighede betrokke nadat hulle in Oktober 2018 uit die party en die Kaapse stadsraad bedank het. Volgens media in die buurland het hulle die maand daarna gevra dat Maimane om verskoning vra, maar hy het die versoek ignoreer.