SA se wapenwet steeds in die nuus

Suid-Afrikaners maak heftig beswaar teen die beplande wysigings aan die Vuurwapenwet, veral omdat dit die besit van ‘n vuurwapen vir selfverdediging onwettig sal maak. Die voorgestelde wetgewing plaas ook nuwe beperkings op jagters en sportskuts. Sedert die wysiging in Mei in die Staatskoerant gepubliseer is, het die ministerie van Polisie meer as 60 000 geskrewe voorleggings ontvang. Volgens die minister van Polisie, Bheki Cele, is die wysiging ‘n belangrike faktor om ‘n veiliger Suid-Afrika te verseker. Hy sê misdadigers het dikwels wapeneienaars in hulle visier net om hulle wapens te steel. Cele glo ook die nuwe wet sal keer dat vroue deur hulle mishandelaars in hulle eie wonings doodgeskiet word. Gun Free South Africa stem saam en sê die wetgewing sal toegang tot wapens verminder en sodoende sterftes weens skietwonde verlaag. ‘n Woordvoerder, Monique Hansen, sê dit sal help om die jeug in bendegeteisterde gebiede te beskerm: