Swanger vroue wat rook, verlaag kinders se lewens

Vroue wat tydens hulle swangerskap rook, verlaag hulle kinders se geheue en lewenskwaliteit. Dit is volgens nuwe navorsing deur die Universiteit van Kaapstad se sentrum vir omgewings- en beroepsgesondheid. Volgens die studie neem die moontlikheid toe dat ‘n kind ‘n graad moet herhaal indien die ma tydens haar swangerskap rook en drink. Tydens die navorsing onder leiding van professor Aqiel Dalvie, is ‘n opname gedoen waar 10 persent van die 482 ouers wat deelgeneem het, gesê het die ma het tydens swangerskap gedrink, terwyl 31 persent gerook het. Die kinders wat by die studie betrek is, was tussen 9 en 16 jaar oud en 48 persent was vroulik.