Ondonga-koning help met misdaadbekamping

Die polisie se streeksbevelvoerder in Oshana kommissaris Naftal Sakaria en sy eweknie in Oshana, kommissaris Theopoline Kalompo-Nashikaku, vra die Ondonga-koning Fillemon Shuumbwa Nangolo vir bystand in die bekamping van misdaad. Die koning het volgens Sakaria ingestem en ‘n plan is beraam. Hy het die besonderhede met die media gedeel.