Gedwonge arbeid – plaaslik lyk dinge effe anders

Die Namibiese Landbou Werkgewersvereniging het gereageer op ‘n verslag wat beraam dat 50 miljoen mense wêreldwyd in moderne slawerny vasgevang is. Die internasionale verslag sê 28 miljoen verrig gedwonge arbeid en 22 miljoen is in gedwonge huwelike vasgevang. Sowat 86 persent van die gevalle van dwangarbeid kom in die privaat sektor voor in sektore soos vervaardiging, die boubedryf, landbou en huiswerk. Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging sê plaaslik is wetgewing effe anders geskryf. Hy verduidelik.