Amushelelo, Nauyoma hou perskonferensie

Die omstrede NEFF-lid Michael Amushelelo en die Affirmative Repositioning-beweging se aktivis Dimbulukeni Nauyoma het vandag ‘n perskonferensie in die hoofstad gehou. Die twee was agter tralies vanaf 12 Mei tot 22 Augustus op verskeie klagte na die chaos by Chinatown in die hoofstad. Nauyoma sê om mense tronk toe te stuur help niks, dis net ‘n bangmaak-taktiek.

En Amushelelo sê die verdrukking van die werkersklas duur voort.