Onderwysministerie behaal groot sukses in Parys, Frankryk

Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka het saam met ‘n afvaardiging ‘n drie-dag beraad in Frankryk bygewoon oor die transformasie van onderwys. Namibië lei in inklusiewe onderwys en volgens die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp was die Namibiese afvaardiging uiters suksesvol.