Eskom: Diesel is min, maar fase agt onwaarskynlik

Eskom sê al is sy dieselreserwes tans baie laag, is die kanse dat fase agt-beurtkrag ingestel sal word baie skraal. Die kragvoorsiener sê daar is genoeg voorsiening gemaak vir enige verdere kragtoevoer problemeom te verseker dat die krag-netwerk nie onder verdere druk verkeer nie. Eskom sê selfs al kring die onwettige staking by sy kragstasies verder uit bly die waarskynlikheid van fase agt-beurtkrag baie laag. Fritz Platt doen verslag uit Kaapstad.