Vier studente, twee leerders toets positief vir Covid-19

Die Namibiese gesondheidsministerie het 19 nuwe Covid-gevalle uit 1 093 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 1,7 persent verteenwoordig. In die groep is vier studente en twee leerders. Daar is nou 175  aktiewe gevalle, waarvan 23 pasiënte in hospitale is en een in ‘n hoësorgeenheid. Altesaam 379 708 persone is ten volle ingeënt en 31 945 persone het ‘n versterkdosis ontvang.