Onderwyseres van Rehoboth borgtog geweier ná dwelmklagte

‘n Onderwyseres van Rehoboth wat daarvan beskuldig word dat sy dwelms gesmokkel het, is borgtog geweier. Landdros Helena Olaiya het vandag in die landdroshof op Rehoboth geweier om borgtog aan Fozia Louw toe te staan en sy bly dus in aanhouding. Louw is in Junie in hegtenis geneem nadat sy in besit van 2 417 Mandrax-tablette ter waarde van 290 000 Namibiese dollar betrap is. Die saak is tot 28 September vir verdere ondersoek uitgestel.