Afrika-mark help SA toerismesektor herstel

Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, sê die grootste herstel in Suid-Afrika se toerisme-getalle in die 2021/2022-verslag-periode is in die Afrika-mark gesien. Sisuslu het vroeër vandag die jongste plaaslike en internasionale toerisme-prestasie-statistieke bekend gemaak. Sy sê daar was ‘n aansienlike herstel in besoekers-getalle sedert die opheffing van die oorblywende Covid-inperkingsmaatreëls. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer.