Onderwyseres se kwalifikasies wel vals

Die Onderwysdirekteur in die Ohangwena-streek Isak Hamatwi sê ‘n ondersoek het bevestig dat die 27-jarige Fransina Mwetufa se onderwys-kwalifikasies vervals is. Mwetufa het onlangs die nuus gehaal nadat sy na bewering gepoog het om ‘n Maart ‘n kollega te vermoor. Sy staan tereg op klagte van poging tot moord in die verband, sowel as verskeie klagte van bedrog in verband met ‘n motor. Hamatwi sê die saak in verband met haar kwalifikasies is oorhandig aan die polisie. Sy het, na wat beweer word, ‘n Honneurs-graad vanaf Unam vervals om ‘n pos by die Limbandungila Laerskool te bekom.