Noa sal op 28 Mei borg vra

Die 26-jarige Dennis Noa se sodomie-saak is weer uitgestel in die Katutura-landdroshof tot 22 Julie. Noa sal luidens ‘n ooreenkoms tussen die Staat en sy regsverteenwoordiger op 28 Mei ‘n formele borgaansoek bring. Die Staat het aan Landdros Namwenyo Shikalepo gesê verskeie verklarings van belangrike getuies, sowel as laboratorium uitslae is steeds uitstaande. Noa word daarvan verdink dat hy op 10 April ‘n breinbeseerde manlike pasiënt verkrag het in die Katutura Staatshospitaal waar hy ‘n leerlingdokter is. Hy word op Seeis aangehou.