Ligte is al weer af in SA

Eskom het fase twee-beurtkrag ingestel as gevolg van 10 opwekkingseenhede by 7 kragstasies wat buite werking is. Die beurtkrag sal tot môreaand om 10-uur duur. Die kragvoorsiener se Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê 3 opwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie in Mpumalanga is buite werking as gevolg van onklaar lugkompressors. ‘n Eenheid by Majuba moes ook noodgedwonge afgeskakel word, ‘n kortsluiting het ‘n ander eenheid tot stilstand gedwing, en ‘n opwekkingseenheid by Kriel is buite werking weens ‘n ketelpyp-lekkasie: