DBV veroordeel klipgooi-aanval op Kaapse pelsrob

Die Kaap die Goeie Hoop-DBV veroordeel die wrede klipgooi-aanval op ‘n volwasse Kaapse pelsrob op die Monwabisi-strand in Khayelitsha. Vier verdagtes is intussen in aanhouding geneem. Hulle kan aangekla word van dieremishandeling en jag sonder ‘n permit van ‘n beskermde spesie. Die DBV se hoofinspekteur, Jaco Pieterse, het wetstoepassers bedank vir hul vinnige en besliste ingryping en dat hulle die DBV gehelp het om die beseerde rob van die strand te verwyder.