Onderwys verdedig tweede jaar van August 26-konstruksie

Die onderwysministerie het verlede jaar deur noodverkrygingprosedures te gebruik 510 klaskamers deur August 26-konstruksie laat bou. Vanjaar gaan die maatskappy nog 500 klaskamers bou, volgens onderwys-minister Anna Nghipondoka. Kosmos 94.1 Nuus het met Sanet Steenkamp, die onderwysministerie se uitvoerende direkteur gepraat, wat sê die land is nog steeds in ‘n noodsituasie en daarom is August 26 gekies om die klaskamers te bou. Sy sê die ministerie het toestemming hiervoor by die finansministerie gekry.