Man, 27, steek blykbaar baba, 3 maande oud, dood

‘n 27-jarige Angolese man word van die moord van sy eks-meisie se drie-maande oue babaseuntjie beskuldig na hy haar en die kind met ‘n mes by die Ontunda-nedersetting in die Oshikoto-streek aangeval het. Die polisie sê die verdagte het die meisie en haar kind na haar huidige kêrel en pa van die oorlede baba vergesel. Hy het twee kinders by haar en sy het volgens die mag die verhouding met hom beëindig en wou verder gaan met die nuwe kêrel en hulle seuntjie. Op pad na die man se huis toe het die verdagte haar en die baba tydens ‘n bakleiery met die mes aangeval. Die kind is op slag dood en die meisie word in die hospitaal behandel.