Stad Windhoek sê oor water

Windhoek staar tans waterbeperkings in die gesig weens min reën en die lae vlakke van damme. Die stad is tans op kategorie C, wat beteken tuine kan met ‘n tuinslang natgemaak word. As die waterkwessie vererger, sal die kategorie verander. Boetes sal ook uitgereik word, veral aan ongelisensieerde motorwasserye. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder gepraat, wat meer konteks aan die waterkwessies in die hoofstad gee.

Amutenya sê inwoners hoef nie bekommerd te wees wanneer bruin water by hulle krane uitkom nie, aangesien die water waarskynlik boorgatwater is en veilig is om te drink.