Onderwys moet skoolvoedingprogram beter bestuur

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die ministerie van onderwys moet beter toesig hou en bestuur uitoefen oor die tenders vir die skoolvoedingsprogram. Hy het bevind dat die tenders sewe keer hernu is sonder dat die ministerie enige evaluering van die diens gedoen het nie. Hy voeg by dat daar geen toetse op die mieliemeel wat deur die verskaffers voorsien is, gedoen is nie. Meer as 430 000 skoolkinders eet daagliks van die kos. Daar was ook vertragings van tussen een tot nege weke in die aflewering van kosvoorrade. Kandjeke sê die ministerie moet meganismes in plek stel om die administratiewe komponent van die program beter te bestuur, maar ook aandag gee aan die uitvoering van die program.