Mbeki sê ANC moet oplossings vir korrupsie vind

Suid-Afrika se verkiesingskoors loop hoog met die plaaslike owerheidsverkiesing wat Maandag plaasvind. Kenners meen die ANC sal veld verloor. Die voormalige ANC-president Thabo Mbeki sê dit is dringend noodsaaklik om ‘n maatskaplike ooreenkoms te bereik om armoede, ongelykheid en werkloosheid in Suid-Afrika uit te wis. Mbeki het sakelui en beroepslui in Durban ontmoet as deel van die party se verkiesingsveldtog. Hy het ook beklemtoon dat die ANC dringend oplossings moet vind vir korrupsie in sy eie geledere: