Hamilton sal lang kontrak met Mercedes onderteken

Lewis Hamilton sê hy verwag om ‘n nuwe meerjarige kontrak met Mercedes te teken. Die 37-jarige het voor die naweek se Mexikaanse Grand Prix gesê hy hoop om voort te gaan met sy deelname aan Formule Een tot in sy 40’s. Die sewemalige wêreldkampioen sê hy en die span verwag om meer oorwinnings om in die toekoms te vier: