Ondersoek na Swartbooi, Seibeb sal tyd neem

Meer inligting is bekend oor die proses wat die Staande Komitee oor Reëls en Interne Regulasies van die Nasionale Vergadering sal volg in die ondersoek na die gedrag van die LPM leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Die twee sal die Hoërhof nader om weer toegang tot die Huis te kry maar intussen sal die komitee se ondersoek tyd neem. David Nahogandja, die Skakelbeampte van die parlement sê die publiek sal ingelig word sodra daar ‘n besluit is.