Ondersoek na studentehulpfonds in SA verwelkom

Die Suid-Afrikaanse vakbond Nehawu het President Cyril Ramaphosa se afkondiging verwelkom waarin hy die Spesiale Ondersoekeenheid magtig om bewerings van korrupsie en wanadministrasie by die buurland se studentehulpfonds te ondersoek. Alle finansiële verliese by die instelling weens korrupsie en nalatigheid moet met die ondersoek verhaal word. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi sê hulle het die afgelope paar jaar voortdurend klem geplaas op die haglike toestand van die fonds weens swak bestuur, wanadministrasie en die wanbestuur van finansies by die instelling: