Pous stel kardinale aan om sy opvolger aan te wys

Pous Franciskus sal vandag 20 nuwe kardinale skep wat uiteindelik sy opvolger kan kies. Die kardinale sal vandag by die Sint Peter basiliek in die Vatikaanstad ingehuldig word, waarna hulle van Maandag af by ‘n tweedaagse vergadering van alle kardinale sal aansluit. Die pous het twee geestelikes uit Afrika en vyf van Asië gekies, insluitend twee kardinale uit Indië. Dit is gedoen om by sy doelwit te hou om die Katolieke kerk meer inklusief te maak. Franciskus het genoem dat hy moontlik kan aftree weens sy verswakkende gesondheid. Hy het vroeër talle geleenthede afgestel en moes ‘n rolstoel gebruik weens erge pyn in sy knieë.