Ondersoek na man seekoei-bul weens ‘konflik’ met onwettige wapen doodskietFebruary 20, 2023

‘n Seekoei-bul te waarde van 100 000 Namibiese dollar is by die Sitinda-boerderygebied in die Muyako-omgewing in die Zambezi-streek glo weens mens-dier-konflik doodgeskiet. Na bewering het seekoeie telkemale mielielande van die verdagte vernietig en hy het al die voorvalle by die bewaringsgebied aangemeld. Die Namibiese polisie van Ngoma het beslag op die jaggeweer en ammunisie gelê waarvoor die verdagte nie ‘n geldige lisensie het nie.