Ondersoek na diefstal by vervoerministerie in SA

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê die Tesourie het nou ‘n ouditeursfirma aangestel om te begin met ondersoeke na die diefstal van openbare fondse wat opsy gesit is om die land se paaie in stand te hou. Die minister sê die vertragings wat ervaar word om paaie reg te ruk is soms ‘n direkte nagevolg van die miljoene wat deur korrupte amptenare gesteel is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent het die storie.