Amerikas ervaar nuwe Covid-vlaag

Covid-19-gevalle in die Amerikas het verlede week met ongeveer 14 persent gestyg met 1,3 miljoen nuwe gevalle en 4 158 nuwe sterftes wat aangemeld is, het die Pan-Amerika-gesondheidsorganisasie gesê. Suid-Amerika is die ergste geraak, met ‘n sterftesyfer wat 32.8 persent hoër is as die vorige week. Die grootste toename in infeksies is in Bolivia aangemeld, gevolg deur Peru. Noord-Amerika het ‘n toename van 7.7 persent aangeteken in vergelyking met die vorige week gesien ondanks ‘n afname in gevalle in Kanada.