Nog geen verdagtes in onlangse stropery nie

Die woordvoerder van die Otjozondjupa-polisie, inspekteur Maureen Mbeha sê daar is nog geen verdagtes in die twee gevalle van stropery wat die week by twee verskillende private wildplase in die Otjituuo- en Otjiwarongo-gebiede van die Otjozondjupa-streek ontdek is nie. Twee swartrenoster-koeie is doodgemaak en albei hul horings is afgesaag. Mbeha sê die polisie het uitgebreide ondersoeke in albei sake van stapel gestuur. Die gewere wat gebruik is moet ook nog geïdentifiseer word. Een renosterkoei  was dragtig. Die ekonomiese verlies wat aan die twee gevalle gekoppel word, word op 1,5 miljoen Namibiese dollar beraam.