Oesvooruitsigte lyk treurig in Kavango

Volgens die jongste oesvooruitsigte- en droogteverslag verwag die Kavango-streke swak landbouproduksie, na ondergemiddelde reënval in die reënseisoen. Produktiewe reënval is in Desember ontvang met belowende buie, maar daar was min opvolgreën, wat gelei het tot die vertraging van ploegaktiwiteite. Dit het ook gewasse se ontkieming en groei beïnvloed, en boere het verskeie herplantings probeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van Kavango-Oos, Bonifatius Wakudumo, wat sê as hulle gelukkig is, sal sowat 5 persent van die boere vanjaar ‘n oes kry.