Ondersoek in Kunene sluit vandag af

Die taakspan wat die Kunene-streek besoek om die omvang van die droogte te bepaal, het bevind dat die reënval wat wel ontvang is, geen noemenswaardige impak op die streek gehad het nie. Die span het volgens berigte gereeld op karkasse afgekom en daar is kommer omdat daar geen verandering in die toestand sal wees in die kort-termyn nie. Voedselhulp sowel as voer vir boere is reeds uitgedeel in die streek en die taakspan, wat vandag die ondersoek afsluit, sal ‘n verslag aan die sentrale regering gee oor die heersende toestand in die streek.