Daar behoort ‘n plan te wees by grensposte

Die Vioolsdrift-grenspos is gesluit tot môre oggend om 6-uur. ‘n Covid-geval het Suid-Afrikaanse owerhede genoodsaak om die grenspos toe te maak. Stefan Terblanche, die Hoof Uitvoerende Beampte van FP du Toit Vervoer het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit het ‘n wesenlike impak op hulle bedrywighede.