Ondersoek bevind daar is rassisme in krieket in Skotland

Krieket: ‘n Onafhanklike ondersoek het bevind daar is honderde voorvalle van rassisme in die sport in Skotland. Volgens ‘n oorsig-verslag is daar ingewortelde rassisme onder die bestuur en leierskap, terwyl mense wat gekla het eenvoudig geïgnoreer is. Sportscotland het verlede jaar die ondersoek aangevra ná ‘n aantal klagtes ontvang is. Volgens ‘n anonieme opname van die verslag het 62 persent van die deelnemers, gesê hulle het voorvalle van rassisme, ongelykhede of diskriminasie ervaar, gesien of aangemeld.