Brandstof-kleinhandelaars positief oor uitkoms van vergadering

Na aanleiding van die reeks vergaderings tussen die gefrustreerde plaaslike brandstof-kleinhandelaars en die ministerie van myne en energie, gaan die ministerie môre hopelik tydens ‘n vergadering antwoorde aan die kleinhandelaars verskaf. Die kleinhandelaars het geëis vir ‘n beter winsmarge op brandstofverhandeling, asook dat die ministerie standpunt inneem oor die onwettige Angolese brandstof wat in Noord-Namibië verhandel word. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die noorde van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy hoop vir niks anders as ‘n positiewe uitkoms nie.