Dis wárm in Birmingham, sê Namibiese atlete

Die erge hittegolf in die Verenigde Koninkryk kan daartoe lei dat sommige items van die Statebondspele in Birmingham na vroeg soggens of laat saans verskuif kan word. Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee se Abner Xoagub sê Namibiese atlete sal moet aanpas by die omstandighede, alhoewel atlete in Namibië in die koue winterstoestande tuis geoefen het. Die president van die Namibiese Driekamp-federasie, Roual Spangenberg, gesels uit Birmingham met Kosmos 94.1 Nuus.