Onderonsie by grenspos lei tot skietery

‘n Onderonsie het by die Katima Mulilo-grenspos tussen Namibië en Zambië tussen Namibiese polisiebeamptes en jong Zambiese handelaars uitgebreek. Die Zambiërs het glo die Namibiese polisie met klippe bestook. ‘n Vroulike polisiebeampte het in die proses geval waartydens haar kollega haar tot hulp moes snel en waarskuwingskoot afgevuur het. ‘n Zambiese polisiebeampte het ook glo met sy AK47-aanvalsgeweer ‘n waarskuwingskoot afgevuur. Die situasie is later ontlont.