Boere moet by Amta registreer om surplusse te verkoop

Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het verlede maand ‘n beroep op boere gedoen om hul mielies, sorghum en mahangu op te gaar. Daar is egter boere wat nog nie geregistreer het of weet hoe die proses werk nie. Sampofu het gesê verlede jaar het Amta sowat 1 300 ton mahangu van kleinskaalse boere en die regering se groenskema-projekte aangekoop, asook sowat 3 200 ton witmielies. Sampofu verduidelik die registrasieproses.