Kunene-inentings vorder goed

Die Namibiese inligtingsministerie se Covid-inentingsveldtog het in die Kunene-streek afgeskop. Volgens die senior gesondheidsbeampte Jason Ndahepele is tot dusver 10 230 inwoners van die streek te volle ingeënt. Altesaam 19 447 mense het hul eerste dosis Covid-entstof ontvang wat 29 persent van die streek se bevolking is. Daar is 33 inentingstasies in die streek.