Onder 35? Jy’t 30 jaar om jou plaas te betaal

Agribank het sy terugbetalingstermyn vir grond aangepas. Ingevolge die nuwe reëling kan aansoekers tot 30 jaar kry om hul lenings terug te betaal. Kliënte ouer as 35 ontvang die standaard 25 jaar. Volgens die bank is die beslissing gemaak om jeug betrokke te kry in die landbou en geleenthede vir hulle te bied. Die bank het ook twee jaar gelede spesiale pakkette geskep vir vroue en jeug om toegang tot korttermyn krediet te bekom.