Onder-20’s verloor in Nairobi

Die Namibiese onder-20 rugbyspan het in Nairobi by die Rugby Afrika Barthés Onder 20-toernooi eindstryd met 19-14 teen Zimbabwe verloor. Die rustyd telling was 11-6. Kenia het derde gekom na ‘n oorwinning van 49-15 teen Madagskar. Namibiese afrigter Chrysander Botha sê die toernooi was goeie en belangrike blootstelling vir die span maar, hulle het foute begaan wat geleenthede vir Zimbabwe geskep het. Namibië het die toernooi tussen 2013 en 2018 oorheers.