Oekraïnse soldate weier om wapens neer te lê

Oekraïnse soldate het tot op hede, ‘n Russiese ultimatum ​​om wapens in die beleërde stad van Mariupol neer te lê, geïgnoreer en gevegte duur voort. Die stad is volgens owerhede in daardie land, steeds gedeeltelik onder Oekraïnse beheer. Beheer van Mariupol, die hoofhawe in die Donbas-streek, is van strategiese belang vir Rusland. Kenners meen dat Rusland ‘n uiters groot strategiese fout begaan en nie die lesse van die Tweede Wêreld Oorlog onthou nie. Blykbaar is dit nie die regte tyd om ‘n nuwe aanval in die Oekraïne uit te voer nie as gevolg van die moddertoestande waarin tenks en swaar voertuie vasval.