Otji-man vas vir N$100 000 se dagga

Lede van die Namibiese polisie se dwelmeenheid het beslag gelê op dagga ter waarde van 100 000 Namibiese dollar. Volgens die mag se woordvoerder in die Otjozondjupa-streek, inpsekteur Maureen Mbeha het die polisie ‘n klopjag uitgevoer op ‘n huis in Ombili op Otjiwarongo. ‘n Totaal van 53 pakkies dagga is gevind met ‘n totale massa van 10 kilogram. Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof op die dorp verskyn.