Onafhanklike leiers is beste vir verandering – Mmusi

Die leier van die One SA Movement, Mmusi Maimane, sê dit is nou die tyd vir onafhanklike, gemeenskapsgerigte leiers om die bestuur van plaaslike regerings oor te neem, en die oorheersing van politieke partye te beëindig. Hy sit vandag sy verkiesingsveldtog saam met onafhanklike kandidate in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit in Gauteng voort, onder die vaandel van die Nasionale Horison-beweging. Maimane sê die One SA Movement bied aan kiesers ‘n alternatief tot die politieke partystelsel: