NDF sluit sy oefeninge af

Die Namibiese weermag sluit vandag sy Khan Strike II-oefeninge in die algemene gebied van Uulunga-wa-Kolongo in die Oshana-streek af. Die oefening het reeds op 28 September begin. President Hage Geingob sal vandag verskeie toekennings en medaljes aan lede van die weermag oorhandig. Die weermag, vloot, lugmag en spesiale magte het almal aan Khan Strike II. Vandag sal verskeie skote afgevuur word ter demonstrasie, maar lewendige ammunisie sal gebruik word. Die hoof van die weermag Lugmaarskalk Martin Pinehas sê oefeninge van die aard is uiters belangrik om die mag opgelei en gereed te hou.