Omvang van brandskade by OR Tambo-lughawe onbekend

Die OR Tambo-lughawe in Johannesburg moes vir ‘n geruime tyd noodgedwonge sy 21L/03R-aanloopbaan sluit na ‘n brand uitgebreek het en verskeie geparkeerde vliegtuie beskadig het. Die brand het volgens berigte vanuit ‘n aangrensende gemeenskap na die lughawe versprei en het baie vinnig deur die droë gras beweeg. Brandbestryders is onmiddellik ontplooi en die brand is onder beheer gebring. Vlugte is nie geraak nie en die omvang van die skade is nie bekend nie.