Koalisie in Johannesburg in die sop

Die burgemeester van die Stad Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die ANC is besig met ‘n desperate en gekoördineerde poging om mag in die stad te gryp sonder om die inwoners in ag te neem. ‘n Groep minderheidspartye in die Johannesburgse raad dreig om die burgemeester deur ‘n mosie van wantroue te verwyder. Dieselfde minderheidsgroep het verlede week daarin geslaag om die raad se speaker, Vasco Da Gama, te verwyder. Phalatse se woordvoerder, Mabine Seabe, sê ten spyte van die politieke speletjies, sal dienslewering nie geraak word nie: