Omvang van bek-en-klouseer moet nog bepaal word

Die hoof van die Direktoraat Veeartsenydienste in die landbouministerie dr. Albertina Musilika-Shilongo, sê die uitbreking van bek-en-klouseer in die Kabbe-kiesafdeling is kommerwekkend en die hele gebied word nou as besmette gebied hanteer. Sy sê daar is 14 gevalle is in ‘n trop van 230 bees bevestig en ondersoek word nou ingestel oor die omvang van die uitbreking.