Alles goed en wel, jeug moet deelneem maar waar’s die bronne?

Die YouthConnekt 2022-beraad is pas gehou in Kigali, Rwanda. Die organisasie werk daaraan om die jeug van die vasteland te bemagtig. In die verband het President Hage Geingob die jeug van Namibië aangemoedig om deel te neem om die teikens van die 2063-agenda te behaal. Maar, het die jeug toegang tot bronne en die nodige tegnologie? Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom, Salomo Hei van High Economic Intelligence gepraat.