Aksieplan nodig om krotbuurte uit te wis

Die Uitvoerende Direkteur van die Verenigde Nasies se Menslike Nedersettingsprogram UN Habitat, Maimunah Sharif, sê die opkoms van informele nedersettings wêreldwyd is kommerwekkend. Sy het gepraat op ‘n veldtogbekendstelling in Pretoria wat daarop gemik is om aandag te skenk aan behuisingsuitdagings regoor die wêreld. Sharif het bevestig meer as ‘n miljard mense wêreldwyd woon in krotbuurte. Sy het die Wêreldwye Aksieplan bekend te stel wat daarop gemik is om volhoubare menslike nedersettings te skep. Sharif sê die transformasie van informele nedersettings moet bespoedig word: