Internet: Daar was onderbrekings in die .na-domein

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, se Nasionale Sekuriteit- en Kubervoorvalle-reaksiespan waarsku dat daar ‘n skerp toename in kuber-aanvalle op netwerke is. Die Namibiese inligtingsministerie het bevestig dat Namibië onderbrekings in die punt-na-domein ervaar. Alle domeine wat met punt.na eindig, is geraak, hetsy private of openbare domeine. Namibië is  voortdurend onder aanval van kuberkrakers wêreldwyd, maar hierdie fout is nie een van hulle nie, sê die ministerie, en alle roetine-opgraderings op die domeinnaamstelsel-bediener van die punt-na-domein is voltooi. Daar was geen oortreding van enige ander platform nie. Cran is in kontak met die registrateur van die punt-na-domein om te verseker dat enige moontlike skade so gou moontlik opgespoor word. Cran se reaksiespan stel voor dat die jongste teenvirus-sagteware geïnstalleer en opgradeer moet word. Enige verdagte aktiwiteite moet by Cran aangemeld word.